Onderwys in Krisis Seminaar

Die BELA wetgewing is einde verlede jaar aanvaar. Hierdie wetgewing kan radikale nagevolge inhou vir onderwys in Suid-Afrika.


Die staat poog om onderwys totaal te sentraliseer onder sy beheer. Ons weet dat ons humanistiese staat glad nie vriendelik teenoor die Christelike wêreldbeskouing staan nie en daarom kan verwag word dat die humanistiese wêreldbeskouing al meer en meer deur die staat op ons kinders afgedwing gaan word.
Daar gaan by hierdie Seminaar ingefokus word op die verskillende aspekte wat onderwys in ‘n krisis dompel en wat die Christelike antwoorde daarop is.


Sprekers:

  • Pieter van Deventer – die doopbelofte, die gesin, en onderwys
  • Adi Schlebusch – Marxistiese Opvoedkunde en die Christelik-Reformatoriese antwoord
  • Die noodsaak en uitdagings van Christelik-Reformatoriese onderwys in ons huidige konteks.
  • George Bester – Die Beweging vir Christelik-Volkseie Onderwys se werk ter wille van ons verbondskinders en tot eer van God.
  • Bouwe van der Eems – Tuisonderrig: ‘n bybelse model en ‘n beter alternatief
  • Afrikaanse Protestantse Akademie
  • Christelike Skool Onderwys

Adres:252 Genl Beyers straat, Pretoria Noord